Verlede maand
Eben se kant van die storie
Eben Etzebeth (Getty)
Eben Etzebeth  ~ Getty Images

DIE Springbok-slot Eben Etzebeth het in hofstukke sy weergawe van gebeure gegee oor wat die aand van 29 Augustus in Langebaan gebeur het.

Etzebeth word van aanranding en rassistiese beledigings beskuldig.

In hofstukke wat in die hooggeregshof in Johannesburg ingedien is, gee hy kennis van 'n aansoek, om die besluit van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie om die saak van die klag teen hom te staak en 'n klag teen hom in die gelykheidshof van stapel te laat loop, tersyde gestel te kry.

Enver Wilsnach (42) het aan Son gesê Etzebeth het hom op 29 Augustus aangerand en 'n h*tn*t genoem.

Etzebeth ontken die bewerings.

Hier is sy weegawe soos in hofstukke meegedeel:

Teen 17:00 was ek met 'n groep familielede en vriende by die Langebaan Yacht Club. Ek het 'n baseball cap opgehad. Dit is teen die dress code van die klub. Toe ek instap was ek gesê om die cap af te haal wanneer ek die bar ingaan. Ek het.

Ek het deur die loop van die aand die cap uit gewoonte weer op my kop gesit. 'n Wit man van die klub het my op 'n onbeskofte manier gekonfronteer en aangedring dat ek my cap afhaal.

Ek het oorgestap na hom en gesê dat hy mense met respek moet behandel. Van my vriende en familie het ook aanstoot geneem en hom gekonfronteer. Ek het onmiddellik ingegryp en my vriende gesê om dit te los. Geen rassistiese aanmerkings is gemaak en die kwessie is vreedsaam opgelos. Die persoon wat my beledig het, sy vrou en 'n ouer man het ingestem dat hulle nie so disrespekvol moes gewees het nie.

Almal betrokke was wit.

Teen middernag het ons groep na die Watergat in Langebaan gegaan.

Teen 02:00 wou ons loop, maar daar was buite iets aan die gang wat soos 'n stryery of 'n bakleiery gelyk het. Ek het my vriende gesê om vyf minute te wag vir dit om op te hou. Ons het vyf minute later die Watergat verlaat.

'n Rooi Honda het my amper omgery toe ek en my girlfriend na my kar gestap het. Ek het teen sy agterruit gestamp om te wys dat ek daar was. Hy het my uitgevloek en weggery.

Teen daardie tyd het 'n groep mans my nefie, wat eenkant gestaan het, op 'n dreigende manier genader. Ek het met my broer en twee van ons vriende geloop vir ingeval hulle my nefie wou aanrand. Ek het my vriende gesê dat ons onmiddellik spore moet maak omdat ek bang was dat dinge handuit kan ruk.

Terwyl ons weggery het, het iemand 'n bottel na my kar gegooi. Ek het omgedraai en mense daar gevra wie dit was. Ek het uit die kar geklim om te sien wat die skade is en my vriende het terrugekom om te kyk hoekom ek so lank maak.

'n Groep mense het aangehou om ons te vloek. Ek het nie een van hulle geken nie. Ons het oorgestap om hulle te konfronteeer en almal het begin hardloop. Daar was mense wat agter hulle aangehardloop het, insluitend my vriende sowel as mense wat ons glad nie geken het nie. Ek het my broer in 'n swakbeligte plek sien inhardloop. Ek het vir sy veiligheid gevrees. Ek het agterna gehardloop om hom terug te roep voordat hy in 'n bakleiery betrokke raak. Toe ons na die kar teruggekeer het, was klippe na ons kant toe gegooi. Gelukkig het niemand van ons seergekry nie. Ons het onmiddellik huis toe gery.

Ek het op geen tydstip enigeen aangerand of beledig nie.

Ek het nie 'n vuurwapen of enige ander wapen by my gehad nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters