8 dae gelede
Easter-dronkenskap speel padmoordenaar
DRUK BESIG: Verkeersbeamptes pas wet en orde by ’n padblokkade toe.  ~ Foto Verskaf

SUID-AFRIKANERS het maar net nie ore as dit kom by padreëls en -wette nakom nie.

Buiten vir roekelose en dronkbestuur, het duisende mense ook nie die aandklokreël nagekom nie.

Weens die aandklokreël mag mense nie tussen 00:00 en 04:00 op die paaie wees nie.

Maar dit blyk nou dat mense hulle oor die Paasnaweek duidelik nie daaraan gesteur het nie. Oor Easter het die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke 32 000 voertuie ná die aandklok op die paaie getel.

Teen Maandag het duisende mense ook reeds ná die Paasnaweek begin huistoe keer en paaie op die N1, N2, N7 en R27 was baie besig.

Teen Saterdag is 23 412 voertuie reeds deur die Huge­notetonnel. Vanaf 1 April tot 2 April is 122 038 voertuie op verskillende hoof-streekroetes getel.

Volgens ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, Jandré Bakkes, was duisende karre reeds op pad terug Kaap toe. Teen gister was die besigste tye op die paaie tussen middag en 20:00.

Na verwagting word die amptelike statistieke vandag bekend gemaak om ’n beter oorsig te kan gee oor die afgelope Paasnaweek.

Doodgery

Maar intussen is daar wel sterftes aangemeld.

“Twee voetgangers is by Mew Way op die N2 doodgery en ons vra motoriste en voetgangers om versigtig te wees. Op die N1 naby die Brackenfell-boulevard-afdraai is twee mense dood en vier beseer toe drie motors in ’n ongeluk betrokke was. Iemand is weens dronkbestuur gearresteer.”

Tussen Piketberg en Velddrif is nog twee mense in ’n motorongeluk dood.

Teen Saterdag het minstens 20 mense in Gauteng ook in padongelukke gesterf.

In KwaZulu-Natal is daar teen Saterdag ook minstens 6 mense op die paaie dood.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters