3 dae gelede
‘Dwelmsmous’ probeer cops bribe
df
Die dwelms wat in die man se huis gevind is.  ~ Foto Verskaf / SAPD

'N VERMEENDE dwelmsmous van KwaZulu-Natal is nog dieper in die sop nadat hy die polisie probeer omkoop het.

Die 34-jarige man van Emona, 'n woonbuurt in Tongaat, het polisielede 'n R1 000 aangebied om hom te laat gaan nadat hy met dwelms betrap is.

Die polisie het hom Maandagoggend naby 'n taxi rank opgemerk en hom deursoek. Hulle het 49 blou- en wit pille, vermoedelik heroïen, op hom gekry.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie is later na sy huis waar nog 334 van die pille asook 40 stukkies van 'n wit middel en 90 glaspypies, om dit mee te rook, gevind is.

Gwala sê die geraamde straatwaarde van die dwelms is R20 000. 

Die man is ook aangekla vir verset teen arrestasie nadat hy nie geboei wou word nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters