9 dae gelede
Duduzane wil getuig
Duduzane ZumaFoto: news24  ~ 

DUDUZANE Zuma, die seun van oud-pres. Jacob­ Zuma, is nou bereid om by die kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Die hoof van die kommissie se regspan, adv. Paul Pretorius, het gister aan adjunkhoofregter Raymond Zondo gesê hy het die naweek ’n brief van Duduzane se lawyers­ ontvang.

In die brief word bevestig dat Duduzane bereid is om te getuig in verband met die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, se getuienis.

Jonas het getuig die omstrede Guptas het hom R600 miljoen aangebied as hy die pos van finansies minister aanvaar.

Onwettig

Hy het ook getuig Duduzane het hom na die vergadering met die Guptas gery en hy was by die betrokke meeting teenwoordig.

Dit het ook gister uitgekom die regering het meer as R260 miljoen aan die omstrede Gupta-familie se mediamaatskappy bestee.

Verlede week het adv. Dawie Joubert aan die kommissie gesê Duduzane se arrestasie toe hy in die land aangekom het, was onwettig.

Duduzane is in hegtenis­ geneem toe hy by die hof was vir ’n saak oor ’n ongeluk in 2014 waarin hy betrokke was.

Joubert verteenwoordig ook vir Ajay en Rajesh Gupta. – News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters