4 maande gelede
Duduzane verskyn in voetboeie
Duduzane ZumaFoto: NETWERK24  ~ 

MET boeie om sy enkels het Duduzane Zuma gister in die handelshof in Johannesburg aangesukkel gekom.

Die seun van oudpres. Jacob Zuma het ’n senu­agtige smile gehad.

Hy is aangekla van korrupsie en beplanning om korrupsie te pleeg. Dit hou verband met ’n beweerde bribe-voorstel van R600 miljoen wat Ajay Gupta in 2015 glo aan Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, gemaak het.

Duduzane het borgtog van ’n stewige R100 000 gekry en die saak is uitgestel tot 24 Januarie.

Staatskontrakte

Die bewering is dat Gupta by die Gupta-woning in Saxonwold die pos van minister van finansies aan Jonas aangebied het.

Voorts word beweer dat Gupta nog R600 000 kontant aan Jonas aangebied het om Gupta-ondernemings te help om staatskontrakte te kry.

Jonas sê hy het die aanbod van die hand gewys.

Die strop trek nouer om Zuma jr. se nek aangesien die aanbod na bewering in sy teenwoordigheid aan Jonas gemaak is.

Die staatsaanklaer in die saak, Bulelwa Vimbane, het verduidelik die lang hofuitstel is nodig om die ondersoek af te handel. – News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters