5 dae gelede
Duduzane sê hy vat nooit geld
duduzane zumaFoto: twitter  ~ 

OUDPRES. Jacob Zuma se seun Duduzane sê hy wil nie hê mense moet dink hy is korrup nie.

Duduzane het gister by die kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg sy getuienis hervat.

Hy het aan die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, gesê een van die redes waarom hy voor die kommissie geroep is, is dat die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, negatiewe bevindinge teen hom gemaak het.

Korrup

Hy het Maandag gesê Madonsela het dié bevinding gemaak sonder om hom ’n kans te gee om sy kant van die storie te stel nadat daar allerhande bewerings teen hom gemaak is.

Gister het hy erken iemand by Madonsela se kantoor het hom gebel toe hy oorsee was, maar hy hou vol hy het nooit die kans gekry om sy weergawe te gee nie.

Hy het gesê: “Ek weet ek word as korrup beskou.

“Ek wil net aan die publiek sê ek is nie korrup nie en ek het nooit enig­iemand se geld gevat nie.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters