4 maande gelede
Dudu Myeni kry uitstel
Dudu Myeni  ~ 

DIE verhoor van die voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, is tot Oktober uitgestel.

Haar hofsaak kon die afgelope week nie begin nie weens Myeni wat nie teenwoordig was nie.

Myeni, wat Donderdag weer afwesig was, het Maandag gesê sy is te platsak om van haar huis in KwaZulu-Natal na Pretoria te reis.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) wil hê die hooggeregshof in Pretoria moet Myeni, wat vanaf Desember 2012 en Oktober 2017 as SAL se raadsvoorsitter gedien het, as misdadige direkteur verklaar.

As die hof in hul guns beslis, sal sy nie meer as direkteur van 'n maatskappy kan dien nie.

Myeni se verdediging het Donderdag gesê hulle het meer tyd nodig om vir die saak voor te berei. Dit nadat Myeni se vorige regsverteenwoordiger, Dan Mantsha, aan die saak onttrek het.

- The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters