12 dae gelede
Dubbele moordenaar mag nie appelleer
Xander Bylsma
Xander Bylsma kan nie appeleer nie.  ~ Foto: Felix Dlangamandla

DIE Noordwes-hooggeregshof het Xander Bylsma (21) se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding aan en lewenslange tronkstraf vir moord afgekeur. 

Hy is in Augustus 2020 twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op twee tienermeisies in ’n koshuis van die Hoërskool Stella in Mahikeng.  

Bylsma was 19 toe hy die 16-jarige Marna Engelbrecht en 17-jarige Sharnelle Hough verwurg het. 

’n Matrone het op hul lyke afgekom. Hough het teen die trappe gehang en Engelbrecht is in ’n badkamer gekry. 

Ná Bylsma se skuldigbevinding het sy regsverteenwoordigers aansoek gedoen om verlof tot appèl en dat sy saak na die appèlhof geskuif word.  

Regter Ronald Hendricks het Vrydag gesê nadat hy alle gronde vir appèl oorweeg het, na beide partye se betoë geluister en die hoofargumente bestudeer het, is hy van mening dat geen ander appèlhof tot ’n ander slotsom sou kom nie. – Algoa FM 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters