11 dae gelede
Dros-verkragter pleit skuldig
nicholas Ninow
Ninow het ook kop onderstebo in die beskuldigdebank gestaan. Foto: Deaan Vivier  ~ 

NICHOLAS Ninow het skuldig gepleit aan die verkragting van 'n sewe jarige meisie in September verlede jaar.

Ninow het bekend geword as die Dros-verkragter nadat hy vir die verkragting van 'n kind in die badkamer van die eetplek in Pretoria verlede jaar aangekla is.

Die 22 jarige se verhoor het Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria begin en hy is gevra om te pleit op aanklagte van verkragting, aanranding, ontvoering, dwarsboming van die gereg en besit van onwettige dwelms.

News24 berig Ninow het kort na 12uur skuldig gepleit op die verkragtings aanklag.

Volgens die staat was Ninow by die Dros eetplek toe hy die sewe jarige na die badkamer gevolg en haar verkrag het.

In 'n video wat by die restaurant geneem was kan 'n man vol bloed gesien word en woedende klante wie op hom skel.

Ninow is in Februarie geskik verklaar om verhoor te word. Dit kom nadat hy vir 'n maand vir extensive sielkundige waarneming was. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters