10 dae gelede
Dros rape: Jongman pleit skuldig op drie klagte
20190208  NETWERK 24 Nicholas Ninow sit in die bes
Nicholas Ninow during a court appearance earlier this year .Photo by Deaan Vivier  ~ 

DIE verdagte in die rape van ’n sewejarige meisie in ’n eetplek se toilet het skuldig gepleit.

Nicholas Ninow (22) het gister in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuld erken.

Dit kom ’n jaar ná die opspraakwekkende voorval in September 2018 in die toilet van ’n Dros-restaurant in Pretoria. Volgens die staat het Ninow die kind na die toilet gevolg en daar verkrag.

Ninow se verhoor het gister begin. Hy is gevra om te pleit op klagte van verkragting, aanranding, ontvoering, dwars­boming van die gereg en die besit van drugs.

Hy het skuld erken aan verkragting, dwarsboming en dwelmbesit, maar nie aan aanranding nie. Die staat het die klag van ontvoering teruggetrek.

Sy verhoor sal na verwagting tot Vrydag 20 September duur. – Daily Sun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters