5 dae gelede
Dronk bestuurders in Fikile se visier
Fikile Mbalula, minister van vervoer.  ~ Elvira Wood

DIE departement van vervoer gaan tydens die feesseisoen toeslaan op dronkbestuurders in 'n poging om padsterftes te verminder.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het by die bekendstelling van die Johannesburgse Metropolisiedepartement se veiligheidsveldtog gesê daar gaan gefokus word op onpadwaardige voertuie en dronkbestuurders.

Mbalula sê strenger wette sal in plek gesit word om dronk bestuurders vas te vat.

"Dronk bestuurders moet tyd in die tronk spandeer," het Mbalula gesê.

Mbabula sê die regering sal ook binnekort 'n aankondiging oor e-tolls maak.

"Julle sal voor Kersfees weet. Die saak is tans voor die kabinet en wanneer hulle 'n besluit gemaak het, sal ons julle daaroor inlig," het Mbalula gesê. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters