DRIE mense is gearresteer nadat hulle na bewering Sassa se stelsel wou hack om geld te steel.
Die drie, tussen die ouderdom van 27 en 39, is Vrydag tydens 'n operasie van die Valke se eenheid teen ernstige misdade, die eenheid teen kubermisdaad, die plaaslike kriminele rekordsenturm en Sassa, gearresteer.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, 'n Valke-woordvoerder, sê in ’n verklaring die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle saamgesweer het om geld te steel deur toegang tot die Sassa-stelsel en begunstigdes se rekeninge te kry.
“Daar is beslag gelê op ’n elektroniese toestel wat gebruik sou word om inligting te verkry asook ’n laptop, ’n scanner, Sassa-kaarte en ’n verdagte se voertuig.”
Sekgotodi sê hulle staan tereg op onder meer klagte van korrupsie en bedrog. - News24