8 dae gelede
Drie wetsmanne betrokke by roof
Saps police tape
Drie geregsdienaars is gearresteer vir hul aandeel in 'n roof.  ~ Foto ter Illustrasie

DRIE wetstoepassers en twee ander is gearresteer nadat hulle na bewering ‘n rooftog in Nigel, Gauteng uitgevoer het.

Kapt. Kay Makhubele, ‘n polisiewoordvoerder, sê die twee metropolisiebeamptes en ‘n polisiekonstabel met twee ander verdagtes is Donderdagoggend om 03:45 op die N3 in Johannesburg vasgetrek.

Hulle het vuurwapens, ammunisie en ‘n onbekende bedrag geld by hulle gehad.

Makhubele sê hulle het op 'n tip-off gereageer. Hulle is ingelig dat gewapende mans in ‘n wit Isuzu-bakkie ‘n rooftog in die Nigel-omgewing uitgevoer het.

Die voertuig is toe later op die N3 opgemerk.

“Toe die polisie die voertuig stop, het die insittendes uitgespring nadat die slagoffers hulle uitgewys het.”

Die polisie het twee Z88-vuurwapens gekry wat aan die twee metro cops behoort. Daar is ook beslag gelê op drie speelgoedvuurwapens, vier magasyne met 75 koeëls, ‘n R5-geweer met 114 koeële en ‘n onbekende bedrag geld.

Daar is op die bakkie beslag gelê. Dit behoort aan een van die wetstoepassers. – The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters