11 dae gelede
Drie seuns se lyke in sloot gevind
Drie seuntjies is doodgevind in n stormwatersloot
Drie seuntjies is doodgevind in n stormwatersloot wat onder konstruksie is.  ~ verskaf

Drie seuns - twee 10-jariges en ‘n 9-jarige - is Saterdagmiddag in Hammanskraal dood gevind in 'n stormwatersloot wat onder konstruksie is.

Thabo Mabaso, woordvoerder van die Stad Tshwane, sê dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie, maar het bygevoeg dat daar Vrydag en Saterdag swaar reën in die Tshwane-omgewing was.

Die stormwatersloot is in Tambo-uitbreiding 1 naby die verkeersdepartement.

Mabaso het gesê dat die seuns moontlik in die omgewing gespeel het, maar die polisie se ondersoek sal die oorsaak van hul dood bepaal.

Die seuns is deur paramedici dood verklaar.

"Die toneel is aan die polisie oorhandig vir 'n volledige ondersoek na hoe hierdie tragedie plaasgevind het.

"Die Stad Tshwane dra sy meegevoel oor aan die bedroefde gesinne en almal wat deur die ontydige heengaan van die jong seuns geraak word," sê Mabaso. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters