4 dae gelede
Drie NSFAS-werkers vas vir bedrog
NSFAS
Drie NSFAS-werkers is op klagte van bedrog gearresteer.  ~ 

DRIE werkers van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) is Dinsdag gearresteer in verband met bewerings dat hulle studente se toelaes in hul persoonlike rekeninge inbetaal het.

Die drie is op klagtes van bedrog aangekla.

Randall Carollissen, NSFAS se uitvoerende administrateur,  sê die arrestasies kom nadat hulle 'n tip-off van studente gekry het. 

Die studente het verdagte aktiwiteite op hul studenterekeninge opgemerk.

Carolissen sê NSFAS het alle bewyse aan die owerhede oorhandig om die saak verder te ondersoek.

Hy moedig ook studente aan om kriminele aktiwiteite aan te meld.

Hy sê die drie se arrestasie het nie 'n negatiewe impak op hul prosesse nie. - JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters