7 dae gelede
Drie kinders se dood ondersoek
Drie kinders se lyke is in 'n yard ontdek nadat 'n ouma hulle alleen gelaat het.  ~ Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

DIE polisie van Morokweng in Noordwes het met 'n geregtelike doodsondersoek begin nadat die lyke van drie minderjarige kinders Woensdag in die Botsalano Village gevind is.

Brig. Sabata Mokgwabone, 'n polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het 'n ouma, wat na die kinders gekyk het, hulle om 10:00 in die yard gelos om na 'n begrafnisdiens te gaan.

Sy het om 15:30 teruggekeer en die kinders se lyke in 'n ou ongebruikte voertuig binne die yard gevind.

Twee van die kinders, Thabo (4) en Thoriso Mohibidu (5), was broer en suster terwyl die sesjarige Bokao Sheleng 'n vriend van hulle was.

Mokwabone het 'n beroep op ouers gedoen om behoorlik na hul kinders om te sien om tragiese voorvalle soos dié te voorkom.

Hy sê op 14 Novemberr is drie kinders in Mammutla Vilalge weer binne 'n vrieskas gevind.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters