12 dae gelede
Drie dood toe bakkie buite Kimberley rol
ongeluk
Drie mense is dood toe 'n bakkie buite Kimberley gerol het.  ~ ER24

DRIE mense is dood en agt ander, insluitend kinders, is beseer toe 'n bakkie op die N12 buite Kimberley gerol het.

ER24 het om 13:10 op die toneel aangekom en die bakkie langs die kant van die pad sien staan. Verskeie mense het rondom die voertuig gelê.

Twee vroue en 'n jong seun is op die toneel dood.

Die agt pasiënte is op die toneel behandel. Een van hulle, 'n man, is in 'n kritieke toestand terwyl die ander sewe, meeste van hulle kinders, matige beserings opgedoen het.

Hulle is na 'n hospitaal in Kimberley geneem.

Plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek. - ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters