14 dae gelede
Drie dood ná gebou ineenstort
Drie werkers van ArcelorMittal is dood nadat 'n gebou ineengestort het.  ~ 

DIE drie werkers wat ná 'n ontploffing by ArcelorMittal se staalaanleg in Vanderbijlpark vasgekeer was, is dood verklaar, het die metaalwerkersvakbond Numsa bevestig.

Numsa sê die gebou waarin hulle was, het ná die ontploffing ineengestort. Reddingswerkers het regdeur die nag probeer om hulle te bevry.

Phakamile Hlubi-Majola, Numsa-woordvoerder, sê sy is oortuig dat as die werkers nie hul eie lewens gewaag het om te help nie, sou die drie se liggame nooit gevind gewees het nie.

Hlubi-Majola sê die maatskappy was aanvanklik huiwerig om hulp van buite in te bring.

Een van die werkers het ook aan Eyewitness News gesê werkers is al vir jare bekommerd oor hul veiligheid.

"Die maatskappy volg alewig nie die protokol wat hulle ons leer nie. Jy kan my nie van veiligheid leer, maar wanneer dit tyd is vir die maatskappy om dit te oefen nie, doen hulle dit nie," het hy gesê.

Numsa het dit duidelik gemaak dat hulle nie happy met die maatskappy is nie.

Hlubi-Majola het 'n beroep op die regering gedoen om die voorval te ondersoek. – EWN  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters