7 dae gelede
Drank betrokke by 8,4% van geweldsmisdaad
Bheki Cele, minister van polisie.  ~ Reuters

ALKOHOL het 'n rol gespeel in 8.4% van die geweldsmisdade wat tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar gepleeg is.

In dié tydperk was daar 372 174 moorde, poging tot moorde en aanrandings. In 31 322 van die gevalle was die oortreder onder die invloed van alkohol. 

Dié statistieke is Vrydag deur Bheki Cele, minister van polisie, aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie voorgelê.

Die statistieke het bevind dat drankplekke, soos shebeens, taverns, pubs, nagklubs en bottelstore, ook derde op die lys van plekke is waar geweldsmidsdade plaasvind.

Daar was 844 moorde, 838 pogings tot moorde, 11 128 aanrandings met die doel om ernstig te beseer en 6 298 gewone aanrandings by sulke plekke.

Alkoholverkope word tans verbied.

Cele het voorheen gesê as dit van hom afhang, word drank permanent geban. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters