2 jaar gelede
Dop is sleg vir ongebore baba
helpende hande: ’n Gemeenskapswerker van die Foundation for Alcohol-related Research is besig met ’n groepsessie vir swanger vroue. Foto verskaf  ~ 

FETAL alcohol spectrum disorder (FASD) is ’n kondisie wat nie omgekeer kan word nie.

Vrydag 9 September is Internasionale FASD-dag en die tema is “Geen hoeveelheid alkohol is veilig as jy verwagtend is nie”.

FASD is ’n lewenslange kondisie. Dis wanneer vroue wat voor geboorte sterk drank gebruik – en nie noodwendig oormatig drink nie – hul ongebore kinders se brein of dele van hul liggaam beskadig.

Dis ’n kondisie wat nie diskrimineer nie en die enigste manier om te keer dat dit gebeur, is as jy geen alkohol drink terwyl jy verwagtend is nie.

Volgens die uitvoerende hoof van die Foundation for Alcohol-related Research (FARR), Leana Olivier, wat aan die voorpunt van navorsing en bewusmaking is, moet baie nog in dié veld gedoen word.

“Daar is steeds baie mites rondom FASD. Mense dink ’n vrou moet ’n alkoholis wees om die lewe te skenk aan ’n kind wat FASD het.

“Die waarheid is dat geen alkohol veilig is as jy verwagtend is nie.

“Kinders wat met FASD gebore word , kan geestelike probleme ontwikkel en ander kan versteurings kry.

“Kinders se brein word aangetas en hulle kan probleme met hul oë, ore en hart ontwikkel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters