Verlede jaar
Donker energie in visier
SIEDAAR! Die eerste paar skottels is op en wakker. Foto: acru.ukzn.ac.za  ~ 

’N NUWE multimiljoenrand-radioteleskoop is Vrydag gelaunch om die diep geheime van radiopulse en donker energie te ondersoek.

Die instrument, wat Hirax gedoop is vir Hydrogen Intensity and Real-time Analysis eXperiment, sal sy kern van 1 024 skottels van 6 m groot in Carnarvon in die Noord-Kaap hê. Dis by die MeerKAT-radioteleskoop.

Die Hirax sal veral fokus op donker energie, wat teoreties die woema gee vir die heelal se versnelde uitbreiding.

Dr. Kavilan Moodley, ’n navorser, sê supernovas en spektrale lyne tel onder die bewyse vir die bestaan van donker energie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters