Verlede maand
Dokter sterf kort ná hy minister probeer red
netcare milpark
Die vyf persone wat in die helikopter-ongeluk dood is, is drs. Kgopotso Monoyane, Curnick Mahlangu, verpleegster Mpho Xaba, paramedic Sinjin Farrance en die vlieënier Mark Stoxreiter.  ~ 

DIE dokter wat nog probeer het om die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, se lewe te red, was een van die mense wat Donderdag in 'n helikopterongeluk in KwaZulu-Natal omgekom het.

Mthembu is Donderdag aan Covid-19-verwante komplikasies dood.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het aan eNCA gesê dr. Kgopotso Monoyane, 'n narkotiseur, het juis sy vlug na KwaZulu-Natal vertraag om Mthembu se lewe in die Netcare Milpark-hospitaal te probeer red.

News24 berig Monoyane en vier ander persone, insluitend die vlieënier Mark Stoxreiter, was onderweg na Hillcrest buite Durban om 'n ernstige siek pasiënt te vervoer toe die helikopter neergestort het.

Die ander drie persone was dr. Curnick Mahlangu, Mpho Xaba, 'n verpleegster, en Sinjin Farrance, 'n paramedic.

Mkhize sê hy het twee dae voor Mthembu se dood laas met hom gepraat. Mhtembu is toe van die Steve Biko-gedenkhospitaal na Milpark oorgeplaas.

Hy sê Mthembu het van die eenvoudige lewe gehou en om met mense te kommunikeer.

"Die beste manier om sy nalatenskap te herdenk, is om goeie kommunikasie en deursigtigheid te bevorder."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters