13 dae gelede
Dlamini-Zuma hou banke fyn dop
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma  ~ Argief

BANKE landswyd is as moontlike superverspreiders van die corona-virus geïdentifiseer.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sê banke moet toesien dat kitsbanke met handreinigers toegerus is.

Dlamini-Zuma is bekommerd dat sulke maatreëls nog nie in plek is nie.

Sy waarsku dat banke, wat nie aan voorsogmaatreëls voldoen nie, 'n stewige boete opgelê kan word.

"Banke verskil nie van ander instellings nie. Mense wat banke bestuur moet die verantwoordelikheid aanvaar," sê sy.

Dlamini-Zuma sê die regulasies sal in 'n latere stadium hersien word. - Jacaranda FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters