Verlede maand
Die sakke bult met Lotto-geld
Powerball
Skatryk: Mense het weer groot geld met die PowerBall gewen.  ~ Netwerk24

’N GELUKKIGE wenner van Vrydag se PowerBall is meer as R86 miljoen ryker.

Die persoon het die Absa app gebruik en R75 met Quick Pick gespeel. Die wenner het R86 547 278,32 in die sak gedruk.

Op 14 September het twee mense van die Oos-Kaap die PowerBall Plus gedeel. Elkeen het met R568 466,60 weggestap. In ’n verbysterende toeval is albei dié PowerBall Plus-kaartjies by die Flip Flop Supermarket in Port Alfred in die Oos-Kaap gekoop.

Bestee

Die eerste wenner het R240 uitgehaal en self sy nommers gekies. Die tweede wenner het R150 bestee en ook sy eie nommers gekies.

Al drie die wenners moet Ithuba nog oor hul wengeld kontak.

Die geraamde prysgeld vir vanaand se Lotto is R33 miljoen, vir Lotto Plus 1 is dit R15 miljoen en Lotto Plus 2 staan op R7,4 miljoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters