Verlede maand
"Die bloed van Nathaniel vertel sy storie"
‘Om gemeenskappe te verenig in ’n soeke na maatskaplike geregtigheid.’ So lui die inskrywing op die gedenksteen wat in Eldorado Park opgerig is op die plek waar Nathaniel Julies verlede jaar geskiet is.  ~ Brümilda Swartbooi

NATHANIEL Julies se bloed spreek uit die grond. So sê een van die leiers van die protesaksie buite die Palm Ridge-landdroshof Vrydagoggend.

Binne die hof het lt.kol James Chauke probeer om die prosedure, wat in die hantering van ’n misdaadtoneel gevolg moet word, te verduidelik, ná beskuldigings dat die polisie probeer het om die 16-jarige downsindroom Julies se moord in die polisie te verbloem.

“Die rede waarom dit steeds uitgekom het ... die rede waarom hulle dit nie kon toesmeer nie, is omdat onse kind se bloed soos die bloed van Abel is. Dit spreek van die grond af. En dit spreek en vra steeds geregtigheid,” sê een van die protesaksieleiers.

In die hof het Simon ‘Scorpion’ Ndyalvane, Caylene Whiteboy en Vorster Netshiongolo, wat almal onskuldig gepleit het, aandagtig geluister terwyl Chauke onder kruisverhoor is en aan die hof gesê het dat dit ’n twyfelagtige optrede is waarop die polisie die oorledene agter in die bakkie ná die skietery sou laai.

Whiteboy word daarvan beskuldig dat hy in opdrag van Ndyalvane die sneller getrek het terwyl Netshiongolo daarvan beskuldig is dat hy lewende ammunisie op die toneel van die misdaad geplant het as deel van die toesmeerdery.

Die hof het voorheen by die staatsgetuie, konst. Mandla Sithole, gehoor hoe  Ndyalvane  ’n polisieman is wat daarvan hou om die sneller te trek en hoe hy en Whiteboy buitensporige geweld gebruik het om met lede van die gemeenskap om te gaan.

Die saak is uitgestel en sal Maandag voortgaan. – SABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters