8 dae gelede
Dié besluit verlig druk op Eskom
PRETORIA, SOUTH AFRICA ? AUGUST 14: Deputy Preside
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ Gallo Images

BEURTKRAG hou 'n massiewe risiko vir die land se ekonomie in.

Daarom het pres. Cyril Ramaphosa die drempel vir selfopwekking van krag sonder 'n lisensie van 1MW tot 100MW verhoog.

Ramaphosa het Donderdag tydens dié aankondiging ook gesê die bykomende kragverskaffing gaan die druk op Eskom verlig.

"Ons ekonomie sal die wenner wees. Eskom sal as wenner opeindig. Sommige sal argumenteer en sê ons vat die kos uit Eskom se mond. Nee ons doen nie," het Ramaphosa gesê.

Hy sê Eskom het steeds 'n blink toekoms vorentoe.

Volgens Ramaphosa het hulle reeds vir Eskom aangemoedig om by hernubare energie betrokke te raak.

Hy ontken dat die besluit Eskom in 'n doodspiraal plaas. Dit mag dalk die hergeboorte van Eskom wees, verseker hy.

"Eskom moet gedeeltelik vervel om as 'n nuwe energie-opwekker te herrys." - Fin24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters