11 dae gelede
Desperate kerke wat op antwoord oor getalle
Foto ter illustrasie: Verhoog die aantal kerkgange
Foto ter illustrasie: Verhoog die aantal kerkgangers na die helfte van geboukapasiteit.  ~ Verskaf

DIE groep Pastors Against Church Closures in Kaapstad het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om toe te laat dat kerke byeenkomste hou wat 50% van hul kapasiteit beslaan. 

Tans word net 50 kerkgangers by byeenkomste toegelaat; kerkdienste ingesluit. 

Apostel Zongamele Baliso van die Grace Community Church in Guguletu en Langa sê die regulasie raak meer as 300 kerke in die Wes-Kaap. 

Volgens die apostel het hulle al op 5 Februarie ’n petisie aan Ramaphosa gerig, maar hulle het nog geen antwoord gekry nie. 

Baliso sê pastore bied baie meer dienste as net preke aan die gemeenskap. Dit sluit in huweliksberading en berading vir mense wat weens die pandemie geliefdes verloor het. “Baie mense het ook hul werk en inkomste verloor. Hulle kort ons hulp met kos en ander dinge wat hul familie benodig.” – SABC News 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters