5 dae gelede
Deokaran: Verdediging soek nog tyd
Babita Deokaran
Babita Deokaran.  ~ Facebook

DIE regsverteenwoordiger van die ses mans wat van die moord op Babita Deokaran aangekla word het die hof vir nog tyd gevra om voor te berei vir die hofsaak.

Shafique Sarlie, wat die ses verteenwoordig, het aan die hof genoem dat hy probleme ondervind om weens die gevangenis se regulasies met al kliënte te konsulteer.

Nhlangano Ndlovu, Siphakanyiswa Dladla, Zitha Radebe, Simphiwe Mazibuko, Sanele Mbele en Phakamani Radebe het Maandag vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord op die amptenaar van die departement van gesondheid in Gauteng.

Volgens Sarlie het die regulasies by die tronk eers Vrydag konsultasies toegelaat, en dat dit agter bulletproof glas met intercoms gedoen is.

"Dit is uiters moeilik om deeglike instruksies te kry, veral deur tolke wat ons gebruik. 

"Weens dit kon ons sedert die laaste hof verskyning net twee lank effektief konsulteer. Ons wag ook dikwels sowat 'n uur voor die beskuldigdes vir konsultasie gebring word."

Die ses word onder meer van moord, poging tot moord, sameswering tot moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen aangekla.

Die saak is tot 1 Oktober uitgestel. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters