7 dae gelede
De Klerk is oukei sê stigting
FW de Klerk at his foundation's conference
FW de Klerk  ~ Gallo Images

ONDANKS berigte dat oudpres. FW De Klerk in die hospitaal opgeneem is, sê sy stigting daar is geen waarneembare agteruitgang in sy gesondheid nie.

Die voormalige staatsman het mesothelioom - ’n kanker wat die voering in die longe aantas.

eNCA berig die stigting het nie bevestig dat De Klerk in die hospitaal opgeneem is nie.

Die stigting voeg by dat hy Maandag ’n raadsvergadering bygewoon het en dat hy steeds drie tot vier dae per week op kantoor is. 

“Hy en sy vrou, Elita hoop om na Griekeland te reis vir vakansie sodra die Covid-9-regulasies verslap word,” lui die verklaring.-News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters