3 maande gelede
"Daar is geen vertroue in Dlamini-Zuma"
Cooperative Governance Minister Nkosazana Dlamini-
Cooperative Governance Minister Nkosazana Dlamini-Zuma.  ~ 

“NKOSAZANA Dlamini-Zuma het gelieg.”

So beweer die hoofsweep van die DA, Natasha Mazzone, nadat dit aan die lig gekom het dat minder as 2000 mense insette op die ban op sigaret-verkope gemaak het.

Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het voor die ban gesê 2000 mense het reageer op ‘n dokument van die regering. Hulle het aangedui dat hulle support nie die verkoop van sigarette nie. 

In hofdokumente wat die regering ingedien het in antwoord op ‘n aansoek deur die Free Trade and Independent Association of Fita wys dit dat minder as 1500 mense aan die openbare deelname proses deelgeneem het.

Mazzone sê sy gaan sal die minister by die parlement se etiese-komitee aankla.

“Sy het die publiek mislei oor die verkoop van tabak tydens Covid-19 lockdown.”

Volgens haar het Dlamini-Zuma ‘n verantwoordelikheid om nie die parlement te mislei nie.

“Veral as die inligting tydens ‘n state of emergency gebruik word en besluite geneem word wat die lewens van miljoene mense raak,” aldus Mazzone. 

Sy voer aan Dlamini-Zuma se optrede toon geen vertroue aan die publiek nie.

Intussen is Fita en British America Tobacco South Africa (Batsa) besig om die regering hof toe te sleep oor die verlengde verbod op die verkoop van sigarette.

Die regering sal na verwagting Woensdag hul hofdokumente indien, nadat dié maatskappye hul saak Maandag gestel het

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters