3 maande gelede
Cyril wil Mmusi grill
 President Cyril Ramaphosa. (Leon Sadiki, City Pre
President Cyril Ramaphosa. (Leon Sadiki, City Press)  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa wil die DA-leier, Mmusi Maimane, kruisondervra

Maimane het in November laas jaar 'n klag by die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gelê. Hy beweer die president het die parlement mislei toe hy op 'n vraag gereageer het oor 'n R500 000 betaling van Bosasa. 

Mkhwebane het Dinsdag bevestig Ramaphosa wil getuies, met wie sy onderhoude gevoer het, kruisondervra.

Sy het Ramaphosa ook tien dae gegee om te reageer op nadelige bevindinge teen hom. Hy het egter vir uitstel tot 28 Junie gevra.

Mkhwebane sê sy het versoek om uitstel toegestaan. Ramaphosa sal nou teen 21 Junie moet reageer op bevindinge.

Azola Mboniswa, 'n woordvoerder vir Maimane, het Woensdag gesê dit is duidelik Ramaphosa is betrokke in 'n korrupsieskandaal en dat hy nou Jacob Zuma-taktiek gebruik om die klaers en whistleblowers te ondervra pleks om met die kwessies te deal.

Mboniswa sê daar is nog geen formele versoek vir Maimane om gekruisondervra te word nie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters