Verlede jaar
Cyril strip hom lelik vir DA-LP
PRES. Cyril Ramaphosa Foto: peter abrahams  ~ 

PRESIDENT Cyril Rama­phosa het gister in sy antwoordsessie in die nasionale parlement die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, ten minste drie keer aangesê om stil te bly en te luister na sy toespraak.

Ramaphosa het gister die LP’s se vrae beantwoord op verskeie kwessies soos die minimumloon en werkskepping.

Die president het egter geïrriteerd geraak toe Steenhuisen tussen-in kommentaar gelewer het.

Ramaphosa wyk toe af van sy toespraak en sê aan Steenhuisen hy moet “shut up” en luister, want hy is besig om belangrike kwessies te brspreek.

Uitgevaar

Hy het duidelik geïrriteerd met sy vinger na Steenhuisen gewys en gesê: “Shut up, jy, Steenhuisen, en luister. Ek wil hê jy moet shut up. Ek wil regtig hê jy moet shut up, want agbare Steenhuisen gaan voort om lawaai te maak.

“Ek is bereid om my woorde te terug te trek, maar ek wil hê jy moet regtig luister ...”

Ramaphosa het vroeër gesê hy sal die DA-leier, Mmusi Maimane, verdedig teen sy eie partylede wat teen hom uitgevaar het nadat hy (Maimane) op Vryheidsdag in ’n toespraak gepraat het van wit bevoorregting en swart armoede.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters