9 dae gelede
Cyril-segsvrou vat verlof ná bewerings
Khusela Diko.  ~ Argief

PRES. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, gaan met verlof totdat 'n ondersoek, na die toekenning van kontrakte aan 'n maatskappy waarvan haar man 'n direkteur is, afgehandel is.

Die twee kontrakte aan Royal Bhaca Projects vir die verskaffing van persoonlike beskermde toerusting is intussen gekanselleer.

Die presidensie het Maandag bevestig dat Diko die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, formeel gevra het om met verlof te gaan.

"Ek wil die presidensie bedank dat hulle my versoek betyds aanvaar het. Dit is uiters belangrik dat die werk van die presidensie en die regering in geheel nie ondermyn of ongunstig beïnvloed word deur dié bewerings nie en veral nie in dié tyd wanneer ons nasie se fokus op die stryd teen die Covid-19-pandemie is nie," sê Diko.

Die presidensie het vir Tyrone Seale aangestel om waar te neem as Ramaphosa se woordvoerder in Diko se afwesigheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters