3 maande gelede
Cyril Ramaphosa se "good" kabinet
President Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa (Kopano Tlape/GCIS)  ~ 

Pres. Cyril Ramaphosa het na dae se bespiegeling en gewag finally sy ministers en adjunk-ministers aangedui.

Ramaphosa het onder meer aangekondig dat sekere portefeuljes saam gevoeg word.

Dit sluit in handel en nywerheid saam met ekonomiese ontwikkeling, hoër onderwys en opleiding saam met wetenskap en tegnologie, omgewingsake saam met bosbou en visserye. Landbou en grondhervorming en landelike ontwikkeling word een, asook minerale hulpbronne en energie. Menslike nedersetting en water en sanitasie word een, asook sport en ontspanning saam met kuns en kultuur.

Onder die ministers wat nie ingesluit is nie is Jeff Radebe, wie sedert 1994 in die kabinet gedien het. Ander sluit in Nomvula Mokonyane, Bathabile Dlamini, Gugile Nkwinti, Derek Hanekom, Dipuo Letsatsi-Duba, Siyabonga Cwele, Susan Shabangu, Michael Masutha, Senzeni Zokwana, Mildred Oliphant, Nomaindia Mfeketo en Tokozile Xasa.

Een van die grootste surprises in die kabinet is die leier van Good en voormalige burmgeester van Kaapstad, Patricia de Lille.

Die volledige lys ministers is:

• Adjunk-president: David Mabuza

• Basiese onderwys: Angie Motshekga

Adjunk-minister: Dr Regina Mhaule

• Binnelandse Sake: Dr Aaron Motsoaledi

Adjunk-minister: Njabulo Nzuza

• Finansies: Tito Mboweni

Adjunk-minister: Dr David Masondo

• Gesondheid: Dr Zwelini Mkhize

Adjunk-minister: Dr Joe Phaahla

• Handel en Nywerheid: Ebrahim Patel

Adjunk-ministers: Fikile Majola en Nomalungelo Gina

• Hoër onderwys, wetenskap en tegnologie: Dr Blade Nzimande

Adjunk-minister: Buti Manamela

• Internasionale Betrekking en samewerking: Dr Naledi Pandor

Adjunk-ministers: Alvin Botes en Candith Mashego-Dlamini

• Indiensneming en arbeid: Thulas Nxesi

Adjunk-minister: Boitumelo Moloi

• Justisie en korrektiewe dienste: Ronald Lamola

Adjunk-ministers: John Jeffery en Inkosi Phathekile Holomisa

• Kleinsake ontwikkeling: Khumbudzo Ntshavheni

Adjunk-minister: Rosemary Capa

• Kommunikasie: Stella Ndabeni-Abrahams

Adjunk-minister: Pinky Kekana

• Landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling: Thoko Didiza

Adjunk-ministers is: Sdumo Dlamini en Mcebisi Skwatsha

• Maatskaplike ontwikkeling: Lindiwe Zulu

Adjunk-minister: Henrietta Bogopane-Zulu

• Menslike nedersetting, water en sanitasie: Lindiwe Sisulu

Adjunk-ministers: Pam Tshwete en David Mahlobo

• Minerale hulpbronne en energie: Gwede Mantashe

Adjunk-minister: Bavelile Hlongwa

• Omgewingsake, bosbou en visserye: Barbara Creecy

Adjunk-minister: Maggie Sotyu

• Openbare ondernemings: Pravin Gordhan

Adjunk-minister: Phumulo Masualle

• Openbare werke en infrastruktuur: Patricia De Lille

Adjunk-minister: Noxolo Kiviet

• Polisie: Bheki Cele

Adjunk-ministers: Cassel Mathale

• Presidensie: Jackson Mthembu

Adjunk-minister: Thembi Siweya

• Samewerkende regering en tradisionele sake: Dr Nkosazana Dlamini-Zuma

Adjunk-ministers: Parks Tau en Obed Bapela

• Sport, kuns en kultuur: Nathi Mthethwa

Adjunk-minister: Nocawe Mafu

• Staatsdiens en administrasie: Senzo Mchunu

Adjunk-minister: Sindy Chikunga

• Staatsveiligheid: Ayanda Dlodlo

Adjunk-minister: Zizi Kodwa

• Toerisme: Nkhensani Kubayi-Ngubane

Adjunk-minister: Fish Mahlalela

• Verdediging en militêre veterane: Nosiviwe Mapisa-Nqakula

Adjunk-minister: Thabang Makwetla

• Vervoer: Fikile Mbalula

Adjunk-minister: Dikeledi Magadzi

• Vroue, jeug en persone met gestremdheid: Maite Nkoana-Mashabane

Adjunk-minister: Prof Hlengiwe Mkhize

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters