12 dae gelede
#KYK Cyril praat vanaand
.
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

PRES. Cyril Ramaphosa gaan vanaand om 20:00 die land toespreek oor verwikkelinge met betrekking tot die land se reaksie tot die corona-virus-pandemie.

Ramaphosa se toespraak volg op vergaderings die afgelope paar dae van die nasionale corona-virus-bevelsraad, die president se koördinerende raad en die kabinet.

Hy het ook Sondag 'n aangepasde risiko-strategie aangebied tussen die regering en geloofsleiers. Dis 'n inklusiewe nasionale poging wat aanpasbare reaksies op die verskuiwing van die pandemie moontlik maak.

Dit het gefokus op die pandemie in die land en op die vasteland insluitende pogings om entstowwe vir almal te verseker.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters