9 dae gelede
Cyril praat met Biden oor Afrika
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa is hoopvol vir 'n sterk vennootskap tussen Amerika en die Afrika-vasteland nadat hy Dinsdagaand saam met die aangewese president, Joe Biden, gepraat het.

Ramaphosa en Biden het gepraat oor maniere vir hoe om die bande tussen Amerika en Afrika te versterk en hoe om die Covid-19-pandemie te oorkom.

"Die aangewese president, Biden, en die aangewese visepresident Kamala Harris het Afrika identifiseer as 'n groot speler in internasionale betrekkinge en in die bevordering van multilateralisme," sê die presidensie in 'n verklaring.

"Die leiers het 'n besoek van Biden aan Suid-Afrika gedurende die donker dae van apartheid onthou, waar mnr. Biden sy verbintenis tot menseregte en menswaardigheid vir alle Suid-Afrikaners gedemonstreer het.

"Biden het sy bewondering uitgespreek oor wat 'n demokratiese Suid-Afrika bereik het."

Ramaphosa het Biden en Harris sterkte toegewens vir hul termyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters