8 dae gelede
Cyril plaas Mkhize op spesiale verlof
Zweli Mkhize  ~ Jonathan Lestrade

PRES. Cyril Ramaphosa het sy minister van gesondheid, Zweli Mkhize, op spesiale verlof geplaas.

Dié besluit kom ná bewerings dat Mkhize voordeel getrek het uit ‘n R150 miljoen kontrak wat sy department aan Digital Vibes toegeken het.

Mkhize het sover die bewerings ontken.

“Dié tydperk van spesiale verlof sal die minister in staat stel om aandag te gee aan die beweringe en ondersoeke rakende die kontrakte tussen die department van gesondheid en ‘n diensverskaffer, Digital Vibes,” lui ‘n verklaring van die presidensie.

“Die spesiale ondersoekeenheid ondersoek die saak en die president wag op ‘n verslag oor die bevinding van die ondersoek.”

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, gaan tot verdere kennisgewing as minister van gesondheid waarneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters