14 dae gelede
Cyril mis groot WB-oomblik
GAUTENG, SOUTH AFRICA - NOVEMBER 07: Siya Kolisi o
Die Springbok-kaptein Siya Kolisi en pres. Cyril Ramaphosa tydens die kampioene-toer in Gauteng.  ~ Gallo Images

PRES. Cyril Ramaphosa het die geskiedkundige oomblik gemis toe die Springbok-vleuel Makazole Mapimpi die eerste Suid-Afrikaner geword het om 'n drie in 'n Wêreldbeker-eindstryd te druk omdat hy in die toilet was.

Só het Ramaphosa erken toe die Bokke Donderdag hul kampioene-toer by die Union Buildings begin het.

Mapimpi het in die 66ste minuut die Bokke se eerste drie gaan druk. Hulle het uiteindelik vir Engeland met 32-12 geklop om die Webb Ellis-beker te lug.

"Ek was so nervous gedurende die wedstryd. Toe hulle die eerste drie druk, moes ek na die (badkamer) gaan," het hy gesê.

Ramaphosa sê die kaptein Siya Kolisi en die afrigter Rassie Erasmus het tydens hul ontmoeting voor die eindstryd gesê hulle is senuweeagtig.

"Ek het dit nie gekoop nie, want toe ek in hul oë kyk terwyl ek hul hande vat, het ek victory daarin gesien."

Ramaphosa sê die Bok-krygers het oorlog toe gegaan en die Suid-Afrikaanse vlag met trots gedra. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters