Verlede maand
Verbod: Talle wil 'dadelik' hoor
sigaret,sigarette
REDE: Argumente is gemaak dat die sigaret- en drankverbod sinneloos is, met sigarette en alkohol wat tog verkoop word.  ~ Jonathan Lestrade

LIG die verbod op sigaret- en alkohol-verkope en skuif die land na vlak 2 van die lockdown.

Dit is nog onduidelik of dit met “immediate effect” sal wees, maar pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting later die week dié besluit afkondig.

Die heropening van die ekonomie is Sondag op ’n vergadering van die forum vir Suid-Afrikaanse direkteur-generale bespreek.

Argumente is gemaak dat die verbod sinloos is, want sigarette en alkohol word tog verkoop.

Ramaphosa het Dinsdag met die Nasionale Corona-virus-beheerraad en toe met die kabinet vergader.

News24 berig met minder daaglikse bevestigde gevalle is daar sterk argumente ten gunste van die heropening van die ekonomie gemaak.

Die ekonomiese verwoesting wat die verbod op sigaret-verkope veroorsaak, kan glo nie meer geregverdig word nie.

Boonop het die land reeds miljarde in inkomstebelasting weens dié verbod en die verkoop van onwettige entjies verloor.

Dis egter nog onduidelik wanneer die president die land weer sal toespreek.

Hoopvol

Intussen sal die Wes-Kaapse hooggeregshof na verwagting dié week ’n beslissing lewer op ’n aansoek deur British American Tobacco South Africa (Batsa) om die verbod op die verkoop van sigarette te lig.

Rolspelers in die bedryf is hoopvol en verwag dat die verbod ná vier en ’n half maande eindelik opgehef sal word.

Oor die verbod op drankverkope het ministers Nko­sazana Dlamini-Zuma en Zweli Mkhize in twee aparte hofsake reeds genoem dat die regering die alkohol-verbod gereeld sal her-evalueer.

Die regering se her­siening hiervan is om die gesondheidsmaatreëls met die impak op die ekonomie te balanseer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters