Verlede maand
Cyril het parlement 'doelbewus mislei'
Public Protector Busisiwe Mkhwebane.   Photo by
Public Protector Busisiwe Mkhwebane  ~ morapedi mashase

DIE openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind dat pres. Cyril Ramaphosa doelbewus die parlament mislei het toe hy nie besonderhede oor 'n R500 000 skenking van Bosasa aan sy 2017-verkiesingsveldtog bekendgemaak het nie.

Mkhwebane het Vrydag 'n verslag bekendgemaak waarin sy gekyk het na die Bosasa-skenking, die CR17-trustrekening, die skenkings wat dit ontvang het en hoe die geld rondgeskuif is.

Sy sê in die verslag groot bedrae geld is deur verskeie skenkers in 'n trustrekening (EFG2) oorbetaal in 'n rekening wat die CR17-veldtog gebruik het om skenkings vir Ramaphosa te kollekteer.

Vandaar is die geld versprei aan verskeie begunstigdes, insluitend Ramaphosa se stigting, die Ria Tenda-trust en Linked Enviromental Services.

"Uit die bewyse wat my kantoor ontvang het, is 'n bedrag van meer as R191 miljoen by die EFG2 Absa trust-rekening tussen Desember 2016 en 1 Januarie 2018 inbetaal en net meer as R190 miljoen is in dieselfde tydperk uit dié rekening oorgeplaas," sê Mkhwebane.

Bankrekords van die Ria Tenda-trustrekening wys dat meer as R388 miljoen tussen 1 Januarie 2017 en 20 Februarie 2019 by die rekening inbetaal is.

Amper dieselfde bedrag is tydens dieselfde tydperk uit die rekening oorgeplaas.

Volgens Mkhwebane is daar depositos van meer as R441 miljoen tussen 15 Desember 2016 en 13 Februarie 2019 in die Linked Environmental Services-rekening inbetaal.

Byna dieselfde bedrag is dieselfde tydperk uit die FNB-rekening oorgeplaas.

Mkhwebane sê as daar na die prima facie-bewyse in haar bevindinge gekyk word, is sy van mening dat bewerings van geldwassery meriete het. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters