13 dae gelede
Cyril besoek families van slagoffers
TONEEL: Bouwerkers beveilig die plek waar die vier seuns gesterf het.  ~ Anele Mfazwe

PRES. Cyril Ramaphosa het die families besoek van vier seuns van Nyanga wat versmoor het nadat hulle in ’n gat geval het.

Die tragedie het hom verlede week langs die N2-snelweg by Borcherds Quarry Road afgespeel. Nqabayethu Mlaza, Axolile Maba­ngula, Azola Quweni en Ivakele Dalasile is in die voorval dood.

Ramaphosa se besoek aan die families was ná sy repliek op die debat op sy staatsrede in die parlement. Hy was vergesel deur die minister van staatsveiligheid, Zizi Kodwa.

Nelson Mlumiso, 'n woordvoerder vir die familie, sê hulle is dankbaar dat die regering in hul tyd van rou aan hul kant is.

‘‘Ons is baie bly dat die president ons besoek het,’’ het Mlumiso gesê. 

Ramaphosa het gesê hy gaan help dat die families traumabehandeling ontvang en dat hul families begrawe kan word. - SABC News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters