9 dae gelede
Cremer se 'killers' soek nie meer bail
Meghan Cremer  ~ 

NIE een van die mans wat gearresteer is in verband met die ontvoering en moord van Meghan Cremer gaan om borgtog aansoek doen nie.

Shiraaz Jaftha, wat 'n hangende moordsaak teen hom het en al voorheen skuldig bevind is aan 'n dwelmverwante klag, sou aanvanklik aansoek gedoen het.

Hy het egter Woensdag in die Athlone-landdroshof sy aansoek teruggetrek.

Jaftha (34) is saam met Jeremy Sias (27) en Charles Daniels (39) van moord en gewapende roof aangekla nadat Cremer se liggaam in 'n sandmyn op 'n plaas in Philippi gevind is.

Een van die verdagtes het uitgewys waar Cremer se liggaam gevind kon word.

Sias het 'n hangende saak van motordiefstal teen hom en is voorheen skuldig bevind aan aanranding.

Daniels het ook 'n hangende saak van diefstal teen hom.

Die saak is uitgestel tot 16 Oktober vir verdere ondersoek. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters