7 dae gelede
'Cradock4'-gesinne dagvaar NVG en polisie
Cradock Four.  ~ verskaf

FAMILIES van die vermoorde Cradock Vier-anti-apartheidsaktivisite wend hulle nou tot die howe.

Dit is in 'n poging om wetstoepassingsagentskappe te dwing om uiteindelik 'n besluit te neem oor die vervolging van die persone verantwoordelik vir die vier se dood.

News24 berig dat oudpres. F.W. de Klerk as 13de respondent in die saak aangehaal word.

Dit is moontlik 'n aanduiding van hoe die nasionale vervolgingsgesag en die polisie na meer as twee dekades nie suksesvol is om op te tree volgens die waarheid-en-versoeningskommissie se voorskrifte nie.

Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto is op 27 Junie 1985 deur die apartheidspolisie ontvoer, gemartel en vermoor.

"Meer as 35 jaar later, en ondanks ontelbare pleidooie, wag en en my familie nog steeds op die polisie om die ondersoek af te handel. Ook dat die NVG 'n besluit neem om die verdagtes te vervolg," noem Calata se seun, Lukhanyo, in hofstukke.

Saam met bewyse deur die voormalige hoof van die NVG, adv. Vusi Pikoli, vra die families nou die hooggeregshof in Gauteng om die minister van polisie en nasionale polisiehoof te dwing om seker te maak die Valke ondersoek die moorde van die Cradock vier. Dit binne 30 dae na die hofbevel afgehandel is. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters