7 dae gelede
CR17-bankstate bly privaat
crime
President Cyril Ramaphosa.  ~ _Gallo Images

DAAR is geen rede waarom die CR17-veldtog se bankstate geopenbaar moet word nie.

Sò het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag beslis.

Die hof het die EFF se aansoek van die hand gewys. Die party wou die hofseël op die bankstate van Pres. Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog vir die ANC ophef.

Regter Cassim Sardiwalla sê egter dat die EFF nie suksesvol kon verduidelik watter goeie rede daar vir die publiek is om die bankstate te openbaar nie.

Die EFF se argument was dat dit in publieke belang is en dat Suid-Afrikaners verdien om toegang tot die dokumente te hê, om te help in hul politieke besluitnemingsproses.

Sardiwalla vra egter in sy beslissing of die reg om politieke besluite insluit om die private hulpbronne te weet van opposisie partye se befondsing.

Hy het wel bevind dat daar persoonlike gevaar teen party van die CR17-veldtog en hul aktiwiteite kan wees

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters