2 maande gelede
Cops vas vir drank en sigarette steel
Photo by Bill Oxford on Unsplash
 ~ 

VIER cops het Vrydag in die hof verskyn vir diefstal van drank en sigarette.

In die eerste saak het sers. Lesley Sauls en konst. Justine Freeman na bewering laasjaar drank van ’n SAB tronk, wat omgeval het in Grahamstad, gesteel.

Anelisa Ngcukani, 'n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê: "Die tronk het in Oktober verlede jaar omgeval en lede van die gemeenskap het dit begin plunder."

Sauls en Freeman het na bewering op die toneel in Grahamstad afgekom en pleks van orde skep hulself gehelp met die drank.

Ngcukani voeg by: "Die twee het na bewering van die drank by Joza polisiestasie afgelaai en van dit het hulle aan 'n plaaslike tavern verkoop."

In die ander saak het sers. Gareth Prince en ao. Lawrence van Ross ook in die Grahamstad-landdroshof verskyn.

Die twee het na bewering sigarette gesteel tydens 'n klopjag op 'n woning, wie na bewering lockdown-regulasies oortree het deur die sigarette te verkoop.

Slegs 'n derde van die sigarette waarop beslag gelê is in Junie 2020 is by die polisiestasie ingedien.

Ngcakani sê dit is nie duidelik wat hulle met die ander gedoen het nie.

Die vier is almal lede by Joza polisiestasie en is ook elkeen op R500 borgtog vrygelaat.

Al vier moet op 11 Desember weer in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters