8 dae gelede
Cops stop paarties oor Covid-reëls
party
Polisie sluit party in Soweto af.  ~ SAPS

DIE polisie het Saterdagaand duisende partytjiegangers in Diepkloof, Soweto, uiteengejaag omdat hulle nie sosiale distansiëring toegepas het nie en talle ook nie maskers aangehad het nie.

Die jolplekke was stampvol en voertuie het toegang tot sommige strate versper.Die polisie en die Johannesburg-metropolisie het gedurende die Paasvakansie hul operasie “O kae Molao” (“Waar is die wet?”) na Diepkloof geneem.

Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, was glad nie beïndruk met die nie-nakoming van vlak 1-regulasies deur paartiegangers in Soweto nie.

“Dit is ’n Titanic wat naderkom. Nog infeksies kom. Mense deel okkapype en dra nie maskers nie. Is ons nie veronderstel om maskers te dra en niks te deel nie? Wat hier gebeur, is baie teleurstellend,” het Mazibuko aan eNCA gesê. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters