Verlede maand
Cops soek nog na ontvoerde seuns
kidnap
Die polisie is hard opsoek om die kinders op te spoor  ~ SAPS

DIE vier seuns van 'n bekende sakeman van Polokwane, wat Woensdag ontvoer is, is steeds vermis. 

Die broers Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zidan Moti (16) is Woensdagoggend op pad skool toe ontvoer. Hulle is die kinders van Nazim en Shanka Moti.

Die seuns se motor is vroeg Woensdagoggend deur 'n wit Kia Sorento en swart Mercedes-Benz tot stilstand gedwing. Daarna het sewe swaar gewapende mans met wit oorpakke uit die voertuie gespring en op die seuns se motor geskiet. Die kinders is daarna in die Mercedes-Benz gedwing.

Philip Smith, 'n lawyer vir die Moti's, meen die ontvoerders se motief is om 'n losprys te eis.

Smith sê die ouers doen goed onder die omstandighede. - You

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters