Verlede maand
Cops soek na twee 'killers'
Die polisie is op soek na twee mans wat van moord verdink word.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

DIE polisie in Gauteng is opsoek na twee mans wat ‘n onbekende man in Robertsham doodgeskiet het.

Die voorval het Sondagaand plaasgevind.

Brig. Mathapelo Peters, ‘n polisiewoordvoerder, sê die polisie het reageer op klag van ‘n geskietery.

Toe hulle daar kom is hulle in kennis gestel dat twee onbekende mans die oorledene benader het en hom vol lood gepomp het.

Peters sê die verdagtes het na bewering die slagoffer in ‘n wit Renault met onbekende nommerplate gedwing.

Die man is dood verklaar kort nadat hy by die Garden City-hospitaal aangekom het.

Die motief vir die skietvoorval is nog onbekend en die polisie versoek dat enige een met inligting die polisie in Booysens bel.– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters