9 dae gelede
Cops ondersoek gru-moord
 ~ 

DIE polisie in Limpopo ondersoek ’n saak waar ’n man vermoedelik eers sy vrou vermoor en toe homself aan die brand gesteek het.

Die voorval het Woensdag by hul huis in Driekop buite Burgersfort plaasgevind.

Mense in die omgewing, wat die histeriese gille gehoor het, het die polisie gebel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die polisie, brandweer en die nooddienste het vinnig gereageer.

Met die polisie se aankoms was die huis reeds verswelg en die motor van die egpaar, ’n Nissan-bakkie, uitgebrand. 

Die vrou, Magdeline Mpana Mahlokwane, se lyk is in ’n hok gevind. Haar man, Phillip Mafalo, se verkoolde oorskot is in die egpaar se huis gevind.

Mojapelo sê die polisie het met verdere ondersoek die moontlike moordwapen langs die vrou se lyk gevind asook ’n bottel met ’n vlambare stof in.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat Mafalo eers vir Mahlokwane doodgemaak en hul motor aan die brand gesteek het voordat hy die vlambare stof oor homself gegooi en homself aan die brand gesteek het. - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters