13 dae gelede
Cops kry hond se gedagte
SHAME: ’n Hond soos dié is glo verkrag.  ~ Foto ter Illustrasie

CALVINIA. – ’n Vermeende hondeverkragter is op vrye voet.

Die plaaslike polisie is op soek na Adriaan “Attie” van Zyl vir twee voorvalle waarin hy na bewering twee honde gerape het.

Net soos elke hond kwansuis sy dag kry, wag die honde se eienaars dat Van Zyl ook sy dag in die hof moet kry.

Die beskuldigde moes Maandag sy tweede verskyning maak op ’n klag van bestialiteit, maar het nie by die hof ytgestiek nie.

Van Zyl het na bewering op 9 November ’n boerboel-teef verkrag.

Die hond se baas, ’n local cop, verduidelik: “Van Zyl het voorheen tuinwerkies by my gedoen.

“Die betrokke dag het hy kom brood soek. Ek het vroeg van die werk gekom en gou my bande by die garage gaan laat fix.

“Toe ek terugkom, het die huishulp my vertel wat gebeur het.”

Die huishulp vertel sy’t deur die venster geloer en Van Zyl half kaal agter die teef sien hardloop. “Hierna het hy die hond geseks.

“Hy was so besig met haar dat hy my nie eens opgelet het nie. Ek was so geskok en het my uit vrees in die huis toegesluit.

“Ek het later uitgehardloop en gaan hulp soek. Toe ek terugkom, was hy nog steeds besig met die daad.”

Die polisie het later opgedaag en Van Zyl nog vol van Ruby se hare gekry. Hy is ge­arresteer.

Nadat hy nie Maandag by die hof opgedaag het nie, het landdros Elizabeth Muller ’n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik.

Kapt. Sergio Kock, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte is ná sy eerste hofverskyning op ’n waarskuwing vrygelaat.

Hy’t egter weer na bewering op 19 November met ’n ander brak seks gehad in Waterstraat, naby ’n groot rooi posbus.

’n Vrou (58) wat in Calvinia vir die koerant Noordwester werk, het anoniem vertel sy en ál haar kollegas het die voorval gesien.

“Ons het in die straat af gekyk en gesien hoe die man net daar in die openbaar met die hond seks het. Hy’t later gestop toe twee mans daar verbykom.

Oortreding

“Dit is by die polisie aangemeld. Ek het al verklarings gaan maak, maar hulle sloer rêrig met die aangeleentheid.”

Bestialiteit word in Suid-Afrika as ’n oortreding van die gemenereg beskou.

Prof. John Milton, dekaan in die regte aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, sê die hooggeregshof het vroeër gelas dat dit nie ongrondwetlik is om iemand vir bestialiteit te vervolg nie.

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) glo dis verkeerd om ’n dier in ’n onnatuurlike daad te forseer.

Marcelle Meredith, die uitvoerende hoof van die NDBV, het vroeër gesê: “Diere gee nooit hulle toestemming tot bestialiteit nie. Dit is dus ’n verbreking van die Wet op die Beskerming van Diere, want hierdeur kan diere ly.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters